Vorm vir Kerklike Statistiek

Op-die-Berg

Ring: Tulbagh

Inligting soos op: 28 Februarie 2015

Lidmate:

Dooplidmate: 117
Belydende lidmate: 256
Aantal gedoop: 3
Aantal belydenis afgelê: 2

Wat is na u mening die grootste redes vir die styging of daling in u gemeente se lidmaattal?

Ons bly konstant.

Predikante en Jeugwerkers

Voltydse predikante: 1
Predikante in termynbetaalde poste: 0
Diensleraars: 0
Betaalde jeugwerkers: 0

Lidmaat betrokkenheid

Aantal kleingroepe in die gemeente: 0
Totale getal mense betrokke by die kleingroepe: 0
Aantal amptelike kerkraadslede: 24
Aantal vrywilligers: 10

Eredienste

Eerste Sondag van Februarie 66
Tweede Sondag van Februarie
Derde Sondag van Februarie 185
Vierde Sondag van Februarie 158
Gemiddelde bywoning 27.41


Sosiale Media:

Facebook: ng kerk op die berg

Notas of Kommentaar

(1) HOOGTEPUNTE:
Die geleentheid wat in die erediens gegee word waartydens mense Godstories deel. Mense begin deel waar hulle ervaar waar God aan die werk is. Dit sluit aan by die gewaarwording van die Dagbestuur dat ons by God se tyd gaan inskakel waar Hy aan die werk is. Dr David Simon is besig met fasilitering van die Nuykintaba Bybelskool.

(2) UITDAGINGS:
Ons is tans besig om ‘n groep te vorm met die 22 – 28 jariges in ons gemeente.

(3) BEDIENINGE/PROJEKTE:
*Barmhartigheid: Betrokkenheid by Steinthal, Murray Kinderhuis. Die plaaslike Badisa program.
*Getuienis: Bybelskool, Sendelinge in Angola en Pakistan. Die Amos bediening en uitreike wat begin het by die Amos-straatmarkte.
*Toerusting: Kerkraadskamp, Dagbestuur Dinkskrum, Kategese en Toerustingsweek.
*Gemeentebediening: Kategese, KIX, Vroue Taakspan geleenthede en hulle werksaamhede. Selgroep en wyksbyeenkomste in sekere wyke.
*Ondersteuning: Die funksionering van eiendomskommissie, finansiële kommissie, DVK en ander funksioneer goed.

(4) WAT GEBEUR IN DIE GEMEENSKAP EN OMGEWING?
Daar is ‘n geweldige toename in Sotho en Xhosa seisoenwerkers en die verandering van ouderdom – baie meer jong mense.

(5) FOKUS EN PRIORITEITE VIR 2015:
Die Xhosa en Sotho werkers.
Die misbruik van alkohol veral onder die kleurling gemeenskap.
Badisa werksaamhede.
Die samewerking met die VG Kerk, gesamentlike dagbestuur.
Die verspreiding van Bybels.

(6) ANDER SAKE:
Om die groot gedeelte van gemeentelede wat nie hulle dankoffers gee of baie min gee te laat besef dat daar ook ‘n verantwoordelikheid is om die gemeente te laat funksioneer.
Die kerkbywoning te verbeter deur lidmate meer betrokke te kry.

Terug na lys van gemeentes.