Vorm vir Kerklike Statistiek

Simon van der Stel

Ring: Namakwaland

Inligting soos op: 28 Februarie 2015

Lidmate:

Dooplidmate: 5
Belydende lidmate: 104
Aantal gedoop: 0
Aantal belydenis afgelê: 0

Wat is na u mening die grootste redes vir die styging of daling in u gemeente se lidmaattal?

Predikante en Jeugwerkers

Voltydse predikante: 0
Predikante in termynbetaalde poste: 0
Diensleraars: 0
Betaalde jeugwerkers: 0

Lidmaat betrokkenheid

Aantal kleingroepe in die gemeente: 2
Totale getal mense betrokke by die kleingroepe: 13
Aantal amptelike kerkraadslede: 12
Aantal vrywilligers: 0

Eredienste

Eerste Sondag van Februarie 20
Tweede Sondag van Februarie 16
Derde Sondag van Februarie 17
Vierde Sondag van Februarie 16
Gemiddelde bywoning 15.83

Notas of Kommentaar

(1) HOOGTEPUNTE:
– Baie suksesvolle sendingbasaar gehou.
– Gemeentelede se betrokkenheid wanneer daar gewerk word om die gemeente finansieel sterk te hou ter wille van ons voortbestaan.
(2) UITDAGINGS:
Siende dat die samewerkingsooreenkoms met Namakwaland gemeente op 31 Junie 2015 gestaak is, poog die gemeente om nog harder te werk vir die gemeente se voortbestaan.
(3) BEDIENINGE/PROJEKTE:
*Barmhartigheid:
Die gemeente bied ondersteuning aan verskeie hulpbehoewende gesinne in die gemeenskap aangesien die gemeenskap hoofsaaklik uit enkellopende bejaarde pensioenarisse bestaan en die dorp oor byna geen infrastruktuur beskik nie.
*Getuienis:
Geen uitreike of evangelisasie op die oomblik nie behalwe dat finansiële ondersteuning gebied word deur die basaar te hou vir sending.
*Toerusting:
As gevolg van geen permanente leraar nie vind hier op die oomblik geen kursusse of toerustingsopleiding aan kerkraad plaas nie. Die gemeente ontvang preke van verskillende beskikbare leraars/persone/kerkraad op Sondae so daar is geen preekreekse wat gevolg word nie.
*Gemeentebediening:
Bybelstudie en kleingroepe funksioneer goed – hulle vergader afsonderlik een keer per week en word gelei deur wie ook al beskikbaar is.
*Ondersteuning:
Die gemeente sal finansiële ondersteuning van die sinode waardeer om vir ‘n tydperk van ongeveer 6 maande tot 1 jaar ‘n gevestigde leraar in die gemeente te bekom aangesien die gemeente hoofsaaklik uit afgetrede pensioenarisse bestaan en gemeentelede regtig ‘n behoefte het aan voltydse pastorale bediening.
(4) WAT GEBEUR IN DIE GEMEENSKAP EN OMGEWING?
Die omgewing gaan gebuk onder geweldig baie inbrake a.g.v. werkloosheid en aangesien bejaardes ‘n groot teiken is.
(5) FOKUS EN PRIORITEITE VIR 2015:
Ons focus vir 2015 is om ‘n voltydse leraar of tentmaker te bekom en sodoende meer aandag aan die pastorale bediening te besorg, asook om ‘n stelsel te implementer om die veiligheid van bejaardes te verseker.

Terug na lys van gemeentes.